Wednesday 7 August 2013

Danél word 2 en ons hou partytjie onder die reënboog! (2 Feb 2013)

Ai dit is darem maar lekker om dogtertjies se partytjies te hou! Ons het hierdie jaar besluit op die reënboogtema want dit is so kleurvol en pret!



Met balonne en ‘n ‘pvc’ pyp het ons ‘n reënboog vir die tafel gemaak…


Die reënboog-cakepops was ‘n treffer! Ek het ‘n pan gekry waarin jy ronde cakepop-koekies bak en het toe wit-baksjokolade gevat wat ek die kleure van die reënboog gekleur het om die cakepops in te doop. Die ‘mashmallow’ wolk is ‘n polistirien halfsirkel wat vol malvalekkers op tandestokkies gesteek is.

Elke maatjie het sy eie emmertjie vol lekkergoed gekry:


En dan die koek…die groot hoogtepunt!


‘n reënboogkoek versier met wit Kit Kats, Astros en klein mashmallows…
En wanneer jy die koek sny kry mens ‘n heerlike reënboogverrassing!


Dit was nou nog die lekkerste partytjie voorbereidings gewees!


Mamma-groete,
Denise


Saturday 8 September 2012

Opvolg op my allergieë post...

soos belowe in my vorige blog, hier is die opvolg op ons ervaring met die anti allergie serum en homopatiese korreltjies...
Dit is nou net bietjie meer as ses weke nadat Dohan se serum druppels klaar is.  In die 2 weke na die serum het sy lyfie nog erg gereageer en op plekke nog ekseem gehad. so moes ons vir 2 weke wag en toe die homopaat gaan sien. Dohan se ekseem was maar nog daar al was dit al aansienlik beter. Dr Ford het toe vir Dohan 'n immuun 'booster' gegee en gesê dit sal van die laaste ekseem ontslae raak. Ek moet sê dit het nie so mooi vir my sin gemaak nie maar ok...

Dit nou vier weke later vandat Dohan met die imuunbooster begin het en mense sy ekseem is al vir die afgelope twee weke weg! Hierdie behandeling het toe sowaar gewerk! Ons bad nou sy lyfie met dove seep, smeer nie meer allerhande bevogtigende room nie, bad nie meer in hawermout nie! :-) 
Danél se korreltjies is ook nou op en haar borsie en post nasal drup is ook weg. sy was nog nie siek hierdie winter dat dit nodig was vir antibiotika nie...
Is dit nie wonderlik om te dink dat mens en jou kinders nie hoef te 'suffer' met onnodige allergieë nie! Mens kan daarvan ontslae raak...
    Mamma-groete,
~Denise~

No comments:


Post a Comment


Wednesday 6 June 2012

Allergiee...ekseem...'post-nasal-drip' en sinus! Lyk my mens kan ontslae raak van jou allergiee!!

Dolf my man sukkel erg met sinus...as hy suiwel, suiker, graan ens. eet kry hy die een groot sinus aanval na die ander. Soms is dit so erg dat dit in brongitis omsit en hy met antibiotika gesond moet word. Ek weer het skielik op 30 'n ekseem vel ontwikkel!

My seuntjie, Dohan (3) het op 7 maande ekseem begin kry en sukkel tans nog daarmee. Danel, my dogtertjie (1) het die ekseem vrygespring. Maar so het ek ook aan die begin van hierdie jaar gemerk dat altwee die kinders met slym borsies sukkel en begin wonder of hulle nie 'n 'post-nasal-drip' het nie, want sien hul neusies loop nie. Hierdie drip sit dan om in 'n hoes-bors wat vir Danel kroep en dan brongilitus gee (sy was in Jan en Feb op antibiotika gewees!) en Dohan kry boonste-lugweg-infeksie wat hom ook op antibiotika gehad het in Januarie.

Ek het die koms van die winter gevrees...

So kom ek toe te hore van Dr Alby Ford, 'n homopaat wat sy eie allergie-sentrum het in Lynnwood, Pretoria. Sy uitgangspunt is dat 'n mens nie hoef te bepaal wat die allergie / reaksie veroorsaak nie maar dat mens eerder die liggaam moet kry om nie meer te reageer om die allergeen nie!

Ek het beide my kinders gevat in April en hy het vir Danel op 'n reeks korrreltjies gesit (Allergostop) wat oor omtrent 3 maande strek waarin haar liggaam blootgestel word aan verskeie allergene en so haar liggaam 'gewoond' maak aan dit sodat haar liggaampie nie meer reageer nie! Vir Dohan het hul 'n serum voorberei deur van sy eie bloed te trek maar wat ook op dieselfde basis as die korreltjies werk, net bietjie meer direk en vinniger.

Ons is nou 'n maand en 'n half verder en ek kan met oortuiging se dat beide kinders se post-nasal-drip weg is, of soveel verbeter het dat ek dit nie meer opmerk nie! Ja, Danel het nog met tye 'n loperige neusie en Dohan 'n slym hoesie, maar hul word nie verder siek nie en binne 'n dag of twee klaar dit op (ek het ook 'n anti-allergie stropie gekry met 'n vibernum druppeltjies wat ek vir hul gee sodra ek die hoesie / loopneusie opmerk en dit werk soos 'n bom!). En ja, dit mag dalk ook agv tande en verkoue wees... Nie een was weer siek gewees dat ek hul pediater toe moes vat of antibiotika moes kry nie.

Ek is hoopvol vir die winter wat voorle!

Dohan se ekseem is nog daar maar die homopaat het bevestig dat dit tot nog 2 weke na die serum behandeling klaar is (wat hy nog mee besig is) kan reageer en dat ons net geduldig moet wees. Ek het hoop en vertroue...

Ek sal sodra ons klaar is met die behandeling weer 'n post blog as opvolg tot hierdie een.

O ja, Dolf gaan hierdie vrydag vir sy serum om sy sinus probleem aan te spreek en ek beoog om in die nabye toekoms self te gaan vir my ekseem. (Dit is net 'n bietjie 'pricy' daarom dat ons dit bietjie uitsprei oor 'n paar maande! Dohan se ekseem serum was so R1100 en Danel se korreltjies sal seker so by die R1300 draai vir die volle 60 botteltjie behandeling)  Ek sal jul op hoogte hou. :)

Mamma-groete,
~Denise~

Sunday 6 May 2012

Dohan is 3! Ons hou 'Lightning McQueen Cars' Partytjie!

Dohan het die 22 April verjaar en is nou 3 jaar oud. Ons het Saterdag, 21 April 2012 lekker partytjie gehou! Met 'n 'Lightning McQueen Cars' tema het ons soveel pret gehad!


Die taferversierings was heel eenvoudig met swart, rooi en blou as die temakleure. Swart tafeldoek met rooi en wit 'checkered overlays' en toe 3 ou kar bande (ons het onlangs bande moes vervang op die volvo en het toe die idee gekry! Mens noem dit 'recycling' ;-) ) Ek het gestreepte papiersakkies gevat en die lekkers daarbinne gesit en elke pakkie het 'n 'Cars sticker' opgekry. Hierdie lekkerpakkies het ek binne in die bande op die tafel gesit.



Dan het ons vir elke kind 'n Piston Cup beker gemaak uit ou melkbottels (die Fair Cape melk bottels wat soos die ou glas melkbottels lyk maar in plastiek) waarin die kossies gepak was. 'n klein souttertjie, frikadelletjie en worsie binne 'n blou servet.

Vir 'n drinkdingetjie het ek 'Cola' botteltjies gekry en 'n 'Rust Eeze' logo opgeplak.

Vir die Pappas en Mamma het ek ham, kaas en tamatie toebroodjies gemaak en in elke broodjie 'n 'checkered' vlaggie gesteel (self gemaak met tandestokkies en swart en wit blokkies papier)

Vir pret en plesier het ons 'n springkasteel gekry en die kinders het hulself gate uit geniet! Die res het te lekker op Dohan se klimraam gespeel en dan het ek ook om die tema bietjie verder te vat Dohan se speelmat wat paadjies op het buite gesit, en elke kind het in sy lekkerpakkie 'n karretjie ook gekry waarmee hul dan op die speelmat kom speel. Een van Dohan se dogtertjie-maatjies het hierdie mat die meeste geniet en so stilletjies op haar eie karretjie gery!

Die koek was 'n groot reghoekige vanilla sponskoek (Golden Cloud se vanilla muffin mix is heerlik!!!) wat ek versier het soos 'n pad en stuk gras. Op die pad het ons vir Lightning McQueen ('bubblebath' bottel) en op die gras het ons vir Mater (ook 'n 'bubblebath bottel) gesit! Maklike koek sonder veel moeite! Die koek was groot genoeg dat ons vir al die kinders en pappas en mammas daarvan kon gee vir poeding.

Meeste van die seuntjie-maatjies het met hul 'Cars' hempies daar aangekom!


En vir sy verjaarsdag geskenk...'n Cars BMX natuurlik! :-)

Tot volgende April 2013...!!!


Mamma-groete,
~Denise~

Monday 23 April 2012

Raad vir Mamma's met Refluks (reflux) babas... (10 Mei 2011)

Ek 'post' graag my email wat ek met Danél se kraamverlof aan dierbare vriendinne en mammas gestuur het. Die email handel oor my ervaring met Danél en haar refluks...dalk kan dit iemand in die toekoms help...

Mamma-groete,
Denise
  
'My jongste, Danél  is nou 14 weke oud. Vir die eerste 5 weke van haar lewetjie was sy die rustigste mensie wat amper nooit gehuil het nie. Toe kom 6 weke en skielik is sy baie onrustig, huil BAIE en slaap MIN. Sy slaap so 20-30min, word wakker begin huil en dan vat dit enigeiets van 2 tot 8 ure om haar weer rustig en aan die slaap te kry! Le mens haar neer huil sy, tel jy haar op is sy stil en rustig. Dit het natuurlik ‘n paar opmerkings van ‘bederf’ ontlok by familie!... Sy word toe met refluks gediagnoseer. Alhoewel sy na voedings tog melk opbring het sy meer die ‘silent’ refluks, dis nou wanneer die melk nie so ver opstoot dat dit by die mondjie uitkom nie, dit stoot net op in die slukderm en veroorsaak baie ongemak (dink net hoe moet dit voel om konstant sooibrand te he!)

En so na ‘n besoek aan my pediater sit ek Danél toe op Altosec pilletjies (protonpomp inhibeerder wat die maagsuur in die magie verminder sodat dit nie die slukderm brand wanneer dit opstoot nie) en AR formule (dikker formule wat help dat melk nie so maklik opstoot nie).

Maar nogsteeds bly sy onrustig en huilerig.

‘n Vriendin van my vertel my toe dat haar seuntjie (wat 2 weke jonger as Danél is) ook erge refluks EN koliek gehad het en sy het hom by ‘n fisioterapeut gehad en sy refluks en koliek is weg!
Ja ‘sure’! Klink vir my bietjie te goed om waar te wees!...wat het fisio met refluks en koliek uit te waai! Maar uit desperaatheid en moedeloosheid besluit ek toe om Danél te vat…wat het ek om te verloor?...
En so, ry ons toe baie skepties Krugersdorp toe vir Danél se 1ste fisio sessie…

By die fisio aangekom vertel hy my dat hy in Amerika was en daar het hul hom toe gevra of hy ook baba’s doen in SA? Want sien, in Amerika is dit blykbaar praktyk dat voordat ‘n nuwe mamma en haar baba huistoe gaan na die geboorte besoek ‘n fisio die baba in die hospitaal en maak seker dat al die nek- en rugwerwels mooi in plek is. Veral met keiserbaba’s gebeur dit baie dat ‘n werweltjie uit plek is omdat die baba nie deur die geboortekanaal gaan en alles mooi in plek druk nie. En in baie gevalle veroorsaak die werweltjie dat ‘n senuwee wat ge’link’ is met die kleppie tussen die maag en slukderm asook senuwees van die maagwand vasgedruk word en nie so lekker werk nie – Resultaat: Refluks  en/of koliek.
Hy het terug SA toe gekom en dit nagevors en begin toepas – blykbaar het hy al meer as 4000 baba’s gesien met koliek/refluks en met baie groot sukses.

(Ek het nie self die bogenoemde nagevors nie, maar ek was ‘n desperate mamma wat enige iets sou doen om haar baba beter te laat voel…en ek praat net uit my ondervinding.)

Die fisioterapeut het my meegedeel dat Danél se 1ste nekwerweltjie uit plek is en dit veroorsaak ongemak en pyn asook heel waarskynlik die refluks. Ek het Danél vir 7 sessies gehad en het al met die 1ste fisio ‘n merkwaardige verbetering in haar ongemak gesien. Sy het die aand na die 1ste fisio sessie weer begin deurslaap. Sy is ‘n ander mensie sedert ek haar vir fisio gevat het. Hierdie is NIE ‘n wolhaarstorie nie! Haar refluks is nie weg nie en ek het haar nogsteeds op die pilletjies en die AR formule maar sy is rustig en dit pla haar nie meer nie.

Blykbaar is die bogenoemde glad nie praktyk in SA nie, en ek lei af uit wat ek van ander gehoor het dat pediaters en ginekoloe  nie hierin glo nie. Ek weet ook van geen ander fisioterapeut wat dit doen nie,maar mense dit werk. Elke keer wat ek met Danél daar was het nog mammas hul babas gebring.

Sou ons ‘n 3de enetjie he sal ‘n besoek aan die fisio  een van die 1ste uitstappies wees sodra ons uit die hospitaal kom – geen twyfel nie!

Ek deel graag my storie met jul want ek weet wat dit is om met ‘n nuwe baba’tjie se sit wat aanhoudend huil en jy kan niks daaromtrent doen nie – dit maak mens dood!
En sien ek is iemand wat glo mens behandel die oorsaak van ‘n siekte en nie net die simptoom nie en uit ondervinding met my kinders kom ek tot die gevolgtrekking dat in SA behandel meeste dokters en pediaters die simptome…
As jy so voel en jy weet van iemand wat hierby kan baat – stuur dit asb aan. Mense is welkom om my te skakel ook sou hul daaroor wou gesels of vrae het.

Ek heg ook die fisioterapeut se details aan sou iemand dit dalk benodig:

Derek Carter
Tel: 011 954 5521

36 Soutpansberg weg/str, Noordheuwel, Krugersdorp

Dan wil ek ook net byvoeg: hierdie fisioterapeut doen hierdie nie bloot net vir die geld nie, inteendeel! Sy besoeke is bekostigbaar en in lyn met mediese fonds tariewe en mens kan sien dat dit sy passie in die lewe is, o ja, het ek genoem dat hy blind is… '

Monday 5 March 2012

Doeke op 'special'!

Ons almal weet hoe duur doeke mens kan kos. Ek verkies Pampers, maar om meer as R160 vir 'n jumbo pak doeke te betaal is vir my net te veel! So, ek is 'n mamma wat net doeke koop wanneer dit op special is, en dan koop ek GROOTmaat (het al 20 pakke doeke by Dischem gekoop toe dit R130 'n pak was!)

Ek is nou bietjie uit doeke uit en moet hierdie week weer koop maar weet nie van huidige 'specials' op doeke nie. En so kom ek toe op www.guzzle.co.za af wat 'n website is wat vir jou pryse vergelyk van die groot retailers! Ek tik in 'pampers' kliek op 'search' en whallah! Dit gee vir my dat Clicks, Makro en Checkers huidiglik 'specials' op Pampers het met Clicks wat die goedkoopste is! R158 vir 'n jumbo pak.

So bly ek het op die website afgekom, want ek is seker mens kan dit vir meer as net pampers gebruik! ;-)

~Denise~

Sunday 5 February 2012

Ons hou 'n 'ladybird' partytjie!

Vir Danél se 1ste verjaarsdag partytjie het ons besluit op 'n 'ladybird' tema, en was dit nou pret gewees! Daar is so baie wat mens kan doen met 'n ladybird partytjie! Kolle, kolle en nogmaals kolle.  Toe ek idees gesoek het op die www het ek gesien dat baie mense die ladybird tema vat maar dan maak hul als pienk, nee - hierdie mamma het besluit ons gaan 'original' ~ rooi en swart! 


Eerstens moes ek die koek uitsorteer...so 'n maand terug het ek al die proeflopie gebak net om seker te maak ek beskik oor die vermoe om dit te kan doen! Ek het by Baking Bonanza in Centurion 'n halwe sokkerbal koekpan gaan huur, die koek daarin gebak en met 'plastic icing' die ladybird versier. Ek het besluit op 'n 'red velvet' koek want dit pas mos nou mooi in by die rooi en swart kleurskema! En dit is boonop ook nog 'n baie lekker koek!
Omdat die koek biejtie aan die klein kant is en ons by die 44 mense (volwassenes en kinders) gedraai het, het ek besluit om dan ook vir die kinders cupcakes te bak. Die het ek soos blommetjies met 'n gogga (wurm of bytjie) versier en die ander helfde het ek groen versier met 2 blommetjies en 'n ladybird op.






Vir die partytjie-tafel het ek 3 NAN formule blikke met kolle papier oorgetrek, dit vol sand gemaak en 2 ladybird-waaiers (wat ek by HerAnnies in Lyttleton, Centurion gekry het vir R35 elk) in die blikke aan weerskante gesit en 10 helium gevulde rooi balonne wat ons met swart kolle beplak het in die middelste blik! Swart tafeldoek met kolle papier was die basis van die partytjie tafel en dan strooikussinkies wat Ouma Angelene voor swart en rooi oortreksels gemaak het was die sitplekke.



 Saam met die cupcakes is daar vir elke kind 'n oros rasberry (rooi) koeldrankie gegee wat ek ook met kolle papier en elkeen se naam versier het asook 'n rooi papiersakkie met chippies en sweeties binne. Die papiersakke is afgerond met 'n swart rafia-strikkie en houtlepeltjie waarop hul name is en 'n ladybirdjie homself tuisgemaak het.
Die kinders moet seker ook bietjie kos kry om te eet! Ons het klein ronde pizzatjies met tamatiesous, kaas en vienna skyfies (sirkeltjies) gemaak om die ladybird nog verder te vat! en dan ook 'n paar bakkies met swart druiwe en rooi aarbeie...




En vir die pappas en mammas het ek 13 pizza's by Food Lover's Market gaan koop!



Dan het ek ook by Pick 'n Pay die oulikste klein sjokolade ladybirds gekry! Dankie tog vir Valentynsdag wat om die draai is! Ons het die klomp sjokolade goggatjies oral in die tuin weggesteek en die kinders dit laat soek! Groot pret gewees!


 Die partytjie was 'n groot sukses en ons het dit so baie geniet!
Dit is waar wat hul se: die 1ste paar kinderpartytjies is totaal en al vir die ouers...die kinders speel net saam!


Nou vir 'n klein blaaskansie en dan sal ons in April wegspring met Boeta se partytjie...'Lightning McQueen' hier kom ons! :-)


~Denise~