Monday 23 April 2012

Raad vir Mamma's met Refluks (reflux) babas... (10 Mei 2011)

Ek 'post' graag my email wat ek met Danél se kraamverlof aan dierbare vriendinne en mammas gestuur het. Die email handel oor my ervaring met Danél en haar refluks...dalk kan dit iemand in die toekoms help...

Mamma-groete,
Denise
  
'My jongste, Danél  is nou 14 weke oud. Vir die eerste 5 weke van haar lewetjie was sy die rustigste mensie wat amper nooit gehuil het nie. Toe kom 6 weke en skielik is sy baie onrustig, huil BAIE en slaap MIN. Sy slaap so 20-30min, word wakker begin huil en dan vat dit enigeiets van 2 tot 8 ure om haar weer rustig en aan die slaap te kry! Le mens haar neer huil sy, tel jy haar op is sy stil en rustig. Dit het natuurlik ‘n paar opmerkings van ‘bederf’ ontlok by familie!... Sy word toe met refluks gediagnoseer. Alhoewel sy na voedings tog melk opbring het sy meer die ‘silent’ refluks, dis nou wanneer die melk nie so ver opstoot dat dit by die mondjie uitkom nie, dit stoot net op in die slukderm en veroorsaak baie ongemak (dink net hoe moet dit voel om konstant sooibrand te he!)

En so na ‘n besoek aan my pediater sit ek Danél toe op Altosec pilletjies (protonpomp inhibeerder wat die maagsuur in die magie verminder sodat dit nie die slukderm brand wanneer dit opstoot nie) en AR formule (dikker formule wat help dat melk nie so maklik opstoot nie).

Maar nogsteeds bly sy onrustig en huilerig.

‘n Vriendin van my vertel my toe dat haar seuntjie (wat 2 weke jonger as Danél is) ook erge refluks EN koliek gehad het en sy het hom by ‘n fisioterapeut gehad en sy refluks en koliek is weg!
Ja ‘sure’! Klink vir my bietjie te goed om waar te wees!...wat het fisio met refluks en koliek uit te waai! Maar uit desperaatheid en moedeloosheid besluit ek toe om Danél te vat…wat het ek om te verloor?...
En so, ry ons toe baie skepties Krugersdorp toe vir Danél se 1ste fisio sessie…

By die fisio aangekom vertel hy my dat hy in Amerika was en daar het hul hom toe gevra of hy ook baba’s doen in SA? Want sien, in Amerika is dit blykbaar praktyk dat voordat ‘n nuwe mamma en haar baba huistoe gaan na die geboorte besoek ‘n fisio die baba in die hospitaal en maak seker dat al die nek- en rugwerwels mooi in plek is. Veral met keiserbaba’s gebeur dit baie dat ‘n werweltjie uit plek is omdat die baba nie deur die geboortekanaal gaan en alles mooi in plek druk nie. En in baie gevalle veroorsaak die werweltjie dat ‘n senuwee wat ge’link’ is met die kleppie tussen die maag en slukderm asook senuwees van die maagwand vasgedruk word en nie so lekker werk nie – Resultaat: Refluks  en/of koliek.
Hy het terug SA toe gekom en dit nagevors en begin toepas – blykbaar het hy al meer as 4000 baba’s gesien met koliek/refluks en met baie groot sukses.

(Ek het nie self die bogenoemde nagevors nie, maar ek was ‘n desperate mamma wat enige iets sou doen om haar baba beter te laat voel…en ek praat net uit my ondervinding.)

Die fisioterapeut het my meegedeel dat Danél se 1ste nekwerweltjie uit plek is en dit veroorsaak ongemak en pyn asook heel waarskynlik die refluks. Ek het Danél vir 7 sessies gehad en het al met die 1ste fisio ‘n merkwaardige verbetering in haar ongemak gesien. Sy het die aand na die 1ste fisio sessie weer begin deurslaap. Sy is ‘n ander mensie sedert ek haar vir fisio gevat het. Hierdie is NIE ‘n wolhaarstorie nie! Haar refluks is nie weg nie en ek het haar nogsteeds op die pilletjies en die AR formule maar sy is rustig en dit pla haar nie meer nie.

Blykbaar is die bogenoemde glad nie praktyk in SA nie, en ek lei af uit wat ek van ander gehoor het dat pediaters en ginekoloe  nie hierin glo nie. Ek weet ook van geen ander fisioterapeut wat dit doen nie,maar mense dit werk. Elke keer wat ek met Danél daar was het nog mammas hul babas gebring.

Sou ons ‘n 3de enetjie he sal ‘n besoek aan die fisio  een van die 1ste uitstappies wees sodra ons uit die hospitaal kom – geen twyfel nie!

Ek deel graag my storie met jul want ek weet wat dit is om met ‘n nuwe baba’tjie se sit wat aanhoudend huil en jy kan niks daaromtrent doen nie – dit maak mens dood!
En sien ek is iemand wat glo mens behandel die oorsaak van ‘n siekte en nie net die simptoom nie en uit ondervinding met my kinders kom ek tot die gevolgtrekking dat in SA behandel meeste dokters en pediaters die simptome…
As jy so voel en jy weet van iemand wat hierby kan baat – stuur dit asb aan. Mense is welkom om my te skakel ook sou hul daaroor wou gesels of vrae het.

Ek heg ook die fisioterapeut se details aan sou iemand dit dalk benodig:

Derek Carter
Tel: 011 954 5521

36 Soutpansberg weg/str, Noordheuwel, Krugersdorp

Dan wil ek ook net byvoeg: hierdie fisioterapeut doen hierdie nie bloot net vir die geld nie, inteendeel! Sy besoeke is bekostigbaar en in lyn met mediese fonds tariewe en mens kan sien dat dit sy passie in die lewe is, o ja, het ek genoem dat hy blind is… '