Sunday 6 May 2012

Dohan is 3! Ons hou 'Lightning McQueen Cars' Partytjie!

Dohan het die 22 April verjaar en is nou 3 jaar oud. Ons het Saterdag, 21 April 2012 lekker partytjie gehou! Met 'n 'Lightning McQueen Cars' tema het ons soveel pret gehad!


Die taferversierings was heel eenvoudig met swart, rooi en blou as die temakleure. Swart tafeldoek met rooi en wit 'checkered overlays' en toe 3 ou kar bande (ons het onlangs bande moes vervang op die volvo en het toe die idee gekry! Mens noem dit 'recycling' ;-) ) Ek het gestreepte papiersakkies gevat en die lekkers daarbinne gesit en elke pakkie het 'n 'Cars sticker' opgekry. Hierdie lekkerpakkies het ek binne in die bande op die tafel gesit.



Dan het ons vir elke kind 'n Piston Cup beker gemaak uit ou melkbottels (die Fair Cape melk bottels wat soos die ou glas melkbottels lyk maar in plastiek) waarin die kossies gepak was. 'n klein souttertjie, frikadelletjie en worsie binne 'n blou servet.

Vir 'n drinkdingetjie het ek 'Cola' botteltjies gekry en 'n 'Rust Eeze' logo opgeplak.

Vir die Pappas en Mamma het ek ham, kaas en tamatie toebroodjies gemaak en in elke broodjie 'n 'checkered' vlaggie gesteel (self gemaak met tandestokkies en swart en wit blokkies papier)

Vir pret en plesier het ons 'n springkasteel gekry en die kinders het hulself gate uit geniet! Die res het te lekker op Dohan se klimraam gespeel en dan het ek ook om die tema bietjie verder te vat Dohan se speelmat wat paadjies op het buite gesit, en elke kind het in sy lekkerpakkie 'n karretjie ook gekry waarmee hul dan op die speelmat kom speel. Een van Dohan se dogtertjie-maatjies het hierdie mat die meeste geniet en so stilletjies op haar eie karretjie gery!

Die koek was 'n groot reghoekige vanilla sponskoek (Golden Cloud se vanilla muffin mix is heerlik!!!) wat ek versier het soos 'n pad en stuk gras. Op die pad het ons vir Lightning McQueen ('bubblebath' bottel) en op die gras het ons vir Mater (ook 'n 'bubblebath bottel) gesit! Maklike koek sonder veel moeite! Die koek was groot genoeg dat ons vir al die kinders en pappas en mammas daarvan kon gee vir poeding.

Meeste van die seuntjie-maatjies het met hul 'Cars' hempies daar aangekom!


En vir sy verjaarsdag geskenk...'n Cars BMX natuurlik! :-)

Tot volgende April 2013...!!!


Mamma-groete,
~Denise~