Wednesday 6 June 2012

Allergiee...ekseem...'post-nasal-drip' en sinus! Lyk my mens kan ontslae raak van jou allergiee!!

Dolf my man sukkel erg met sinus...as hy suiwel, suiker, graan ens. eet kry hy die een groot sinus aanval na die ander. Soms is dit so erg dat dit in brongitis omsit en hy met antibiotika gesond moet word. Ek weer het skielik op 30 'n ekseem vel ontwikkel!

My seuntjie, Dohan (3) het op 7 maande ekseem begin kry en sukkel tans nog daarmee. Danel, my dogtertjie (1) het die ekseem vrygespring. Maar so het ek ook aan die begin van hierdie jaar gemerk dat altwee die kinders met slym borsies sukkel en begin wonder of hulle nie 'n 'post-nasal-drip' het nie, want sien hul neusies loop nie. Hierdie drip sit dan om in 'n hoes-bors wat vir Danel kroep en dan brongilitus gee (sy was in Jan en Feb op antibiotika gewees!) en Dohan kry boonste-lugweg-infeksie wat hom ook op antibiotika gehad het in Januarie.

Ek het die koms van die winter gevrees...

So kom ek toe te hore van Dr Alby Ford, 'n homopaat wat sy eie allergie-sentrum het in Lynnwood, Pretoria. Sy uitgangspunt is dat 'n mens nie hoef te bepaal wat die allergie / reaksie veroorsaak nie maar dat mens eerder die liggaam moet kry om nie meer te reageer om die allergeen nie!

Ek het beide my kinders gevat in April en hy het vir Danel op 'n reeks korrreltjies gesit (Allergostop) wat oor omtrent 3 maande strek waarin haar liggaam blootgestel word aan verskeie allergene en so haar liggaam 'gewoond' maak aan dit sodat haar liggaampie nie meer reageer nie! Vir Dohan het hul 'n serum voorberei deur van sy eie bloed te trek maar wat ook op dieselfde basis as die korreltjies werk, net bietjie meer direk en vinniger.

Ons is nou 'n maand en 'n half verder en ek kan met oortuiging se dat beide kinders se post-nasal-drip weg is, of soveel verbeter het dat ek dit nie meer opmerk nie! Ja, Danel het nog met tye 'n loperige neusie en Dohan 'n slym hoesie, maar hul word nie verder siek nie en binne 'n dag of twee klaar dit op (ek het ook 'n anti-allergie stropie gekry met 'n vibernum druppeltjies wat ek vir hul gee sodra ek die hoesie / loopneusie opmerk en dit werk soos 'n bom!). En ja, dit mag dalk ook agv tande en verkoue wees... Nie een was weer siek gewees dat ek hul pediater toe moes vat of antibiotika moes kry nie.

Ek is hoopvol vir die winter wat voorle!

Dohan se ekseem is nog daar maar die homopaat het bevestig dat dit tot nog 2 weke na die serum behandeling klaar is (wat hy nog mee besig is) kan reageer en dat ons net geduldig moet wees. Ek het hoop en vertroue...

Ek sal sodra ons klaar is met die behandeling weer 'n post blog as opvolg tot hierdie een.

O ja, Dolf gaan hierdie vrydag vir sy serum om sy sinus probleem aan te spreek en ek beoog om in die nabye toekoms self te gaan vir my ekseem. (Dit is net 'n bietjie 'pricy' daarom dat ons dit bietjie uitsprei oor 'n paar maande! Dohan se ekseem serum was so R1100 en Danel se korreltjies sal seker so by die R1300 draai vir die volle 60 botteltjie behandeling)  Ek sal jul op hoogte hou. :)

Mamma-groete,
~Denise~