Sunday 5 February 2012

Ons hou 'n 'ladybird' partytjie!

Vir Danél se 1ste verjaarsdag partytjie het ons besluit op 'n 'ladybird' tema, en was dit nou pret gewees! Daar is so baie wat mens kan doen met 'n ladybird partytjie! Kolle, kolle en nogmaals kolle.  Toe ek idees gesoek het op die www het ek gesien dat baie mense die ladybird tema vat maar dan maak hul als pienk, nee - hierdie mamma het besluit ons gaan 'original' ~ rooi en swart! 


Eerstens moes ek die koek uitsorteer...so 'n maand terug het ek al die proeflopie gebak net om seker te maak ek beskik oor die vermoe om dit te kan doen! Ek het by Baking Bonanza in Centurion 'n halwe sokkerbal koekpan gaan huur, die koek daarin gebak en met 'plastic icing' die ladybird versier. Ek het besluit op 'n 'red velvet' koek want dit pas mos nou mooi in by die rooi en swart kleurskema! En dit is boonop ook nog 'n baie lekker koek!
Omdat die koek biejtie aan die klein kant is en ons by die 44 mense (volwassenes en kinders) gedraai het, het ek besluit om dan ook vir die kinders cupcakes te bak. Die het ek soos blommetjies met 'n gogga (wurm of bytjie) versier en die ander helfde het ek groen versier met 2 blommetjies en 'n ladybird op.






Vir die partytjie-tafel het ek 3 NAN formule blikke met kolle papier oorgetrek, dit vol sand gemaak en 2 ladybird-waaiers (wat ek by HerAnnies in Lyttleton, Centurion gekry het vir R35 elk) in die blikke aan weerskante gesit en 10 helium gevulde rooi balonne wat ons met swart kolle beplak het in die middelste blik! Swart tafeldoek met kolle papier was die basis van die partytjie tafel en dan strooikussinkies wat Ouma Angelene voor swart en rooi oortreksels gemaak het was die sitplekke.



 Saam met die cupcakes is daar vir elke kind 'n oros rasberry (rooi) koeldrankie gegee wat ek ook met kolle papier en elkeen se naam versier het asook 'n rooi papiersakkie met chippies en sweeties binne. Die papiersakke is afgerond met 'n swart rafia-strikkie en houtlepeltjie waarop hul name is en 'n ladybirdjie homself tuisgemaak het.
Die kinders moet seker ook bietjie kos kry om te eet! Ons het klein ronde pizzatjies met tamatiesous, kaas en vienna skyfies (sirkeltjies) gemaak om die ladybird nog verder te vat! en dan ook 'n paar bakkies met swart druiwe en rooi aarbeie...




En vir die pappas en mammas het ek 13 pizza's by Food Lover's Market gaan koop!



Dan het ek ook by Pick 'n Pay die oulikste klein sjokolade ladybirds gekry! Dankie tog vir Valentynsdag wat om die draai is! Ons het die klomp sjokolade goggatjies oral in die tuin weggesteek en die kinders dit laat soek! Groot pret gewees!


 Die partytjie was 'n groot sukses en ons het dit so baie geniet!
Dit is waar wat hul se: die 1ste paar kinderpartytjies is totaal en al vir die ouers...die kinders speel net saam!


Nou vir 'n klein blaaskansie en dan sal ons in April wegspring met Boeta se partytjie...'Lightning McQueen' hier kom ons! :-)


~Denise~



Wednesday 1 February 2012

Danél is vandag 1! (01/02/2012)

My jongste is vandag een jaar oud. Shoe, waar het die tyd heen gegaan! Dit voel soos gister toe ek skielik moes hospitaal toe vir 'n noodkeiser...en haar klein lyfie vir die 1ste keer in my arms vasgehou het.

Danél, Mamma wens vir jou my dogter is dat God jou lewe vorentoe ryklik sal seen met oorvloed, vreugde, liefde, gesondheid, wysheid en genade. Ek bid dat Hy jou altyd sal beskerm en sal weerhou van die bose en dat Hy jou nog baie lank vir ons gespaar sal hou. Mag die Here jou 'n lang lewe gee sodat Mamma jou kan sien grootword, vrou-word, sodat ek en jy vriendinne kan wees en ek Ouma kan word deur jou kinders...
Dan is my gebed ook dat God ons as ouers sal lei om jou groot te maak in Sy wil en wee, dat Hy ons sal lei om jou op Sy bedoelde pad en doel te stuur. En die begeerte van my hart is dat God jou sal lei na die man en lewensmaat wat Hy vir jou gekies het sodat jy net so 'n vervulde huwelik sal he soos Mamma en Pappa...

Ek is baie lief vir jou my poplap, jy is Mamma se hart se punt...

~Denise~