Wednesday 1 February 2012

Danél is vandag 1! (01/02/2012)

My jongste is vandag een jaar oud. Shoe, waar het die tyd heen gegaan! Dit voel soos gister toe ek skielik moes hospitaal toe vir 'n noodkeiser...en haar klein lyfie vir die 1ste keer in my arms vasgehou het.

Danél, Mamma wens vir jou my dogter is dat God jou lewe vorentoe ryklik sal seen met oorvloed, vreugde, liefde, gesondheid, wysheid en genade. Ek bid dat Hy jou altyd sal beskerm en sal weerhou van die bose en dat Hy jou nog baie lank vir ons gespaar sal hou. Mag die Here jou 'n lang lewe gee sodat Mamma jou kan sien grootword, vrou-word, sodat ek en jy vriendinne kan wees en ek Ouma kan word deur jou kinders...
Dan is my gebed ook dat God ons as ouers sal lei om jou groot te maak in Sy wil en wee, dat Hy ons sal lei om jou op Sy bedoelde pad en doel te stuur. En die begeerte van my hart is dat God jou sal lei na die man en lewensmaat wat Hy vir jou gekies het sodat jy net so 'n vervulde huwelik sal he soos Mamma en Pappa...

Ek is baie lief vir jou my poplap, jy is Mamma se hart se punt...

~Denise~

No comments:

Post a Comment