Ai dit is darem maar lekker om dogtertjies se partytjies te
hou! Ons het hierdie jaar besluit op die reënboogtema want dit is so kleurvol
en pret!
Met balonne en ‘n ‘pvc’ pyp het ons ‘n reënboog vir die
tafel gemaak…
Die reënboog-cakepops was ‘n treffer! Ek het ‘n pan gekry
waarin jy ronde cakepop-koekies bak en het toe wit-baksjokolade gevat wat ek
die kleure van die reënboog gekleur het om die cakepops in te doop. Die ‘mashmallow’
wolk is ‘n polistirien halfsirkel wat vol malvalekkers op tandestokkies gesteek
is.
Elke maatjie het sy eie emmertjie vol lekkergoed gekry:
En dan die koek…die groot hoogtepunt!
‘n reënboogkoek versier met wit Kit Kats, Astros en klein
mashmallows…
En wanneer jy die koek sny kry mens ‘n heerlike reënboogverrassing!
Dit was nou nog die lekkerste partytjie voorbereidings
gewees!
Mamma-groete,
Denise
No comments:
Post a Comment