Wednesday 18 January 2012

Om 'n mamma te word...

Ek het op 13 Augustus 2008 'n mamma geword...
Nee, my oudste is nie op daardie dag gebore nie, ons het op daardie dag uitgevind ons is swanger met ons oudste. Al die ander mammas daar buite sal met my saamstem dat die oomblik wat jy uitvind jy dra jou kindjie hier binne in jou dan skop daardie mamma-instink in. Jy weet dat jy jou lewe sal gee om daardie lewetjie binne jou veilig te hou. En op daardie dag word 'n mamma gebore...

Nou kyk ek terug en daardie dag is al meer as 3 jaar terug. My seun, Dohan is nou amper 3 jaar oud en my poppelap dogter, Danél is oor 2 weke 1 jaar oud.

Een ding is seker: mamma-wees het vir my nog die grootste uitdagings gebied maar ek verruil dit vir niks in die wereld!

xxx

No comments:

Post a Comment