Tuesday 24 January 2012

Siek kinders...virale infeksies...allergiee...ooginfeksie en tandekry!

My kinders is oor die algemeen baie gesond. Dohan is amper 3 en dit was nog nie nodig vir hom om antibiotika te gebruik nie.Ek skryf dit toe aan die feit dat ek hul nie in 'n skooltjie het nie maar dat hul by die huis bly saam met hul nanny, Maria. Dohan is eers verlede jaar September (2011) vir die 1ste keer skooltjie toe sodat hy bietjie kan gaan speel. Ek sal die by-die-huis-bly opsie vir enige mamma aanbeveel, ten minste in die eerste 2 of so jaar.


Soos ek reeds genoem het is Dohan September 2011 skooltjie toe en sedert Oktober 2011 is iemand van ons 4 siek! Is dit toevallig dat die twee gebeure so naby aan mekaar is?...


Nietemin, Dohan en Danel is toe albei die week voor verlede week siek en kry antibiotika (my perdiater glo in Amoxil omdat dit 'n nouspektrum antibiotika is). Danel is toe teen maandag (verlede week) nog nie vir my lekker nie. Woensdag oggend, na 'n aand van baie opstaan omdat sy onrustig slaap, is sy glad nie lekker nie. Sy maak nie eers haar ogies oop nie en le net... En die 'cherry' op die koek is toe Dohan opstaan en ons kamer ingewandel kom...sy lyf vol spikkels!

Masels!...is toe my 1ste gedagte.


Pediater toe...dr Annendale bevestig dat Dohan nie masels het nie want masels gaan altyd gepaard met 'n BAIE hoe koors die paar dae voor die uitslag tot verskyning kom en seer ogies en oor infeksie. Al die het Dohan nie. Sy se dit is wel 'n virale infeksie wat 'n veluitslag veroorsaak maar definitief nie masels nie. Nerufen vir Dohan tot die virus uit is.


Danel het ook 'n virale infeksie met 'n rooi keel en oortjies en die dokter vermoed dat saam met die tandekry maak dit haar baie olik en siek. Sy het ook 'n ooginfeksie.Nerufen stropie en oogsalfies word vir haar voorgeskryf.





Daardie aand merk ek op dat Dohan se uitslag verander na donker rooi en sy gesiggie lyk effens geswel...





 
...en die volgende oggend is sy gesiggie hewig geswel en sy vel oortrek met opgehewe rooi vlekke en perskolle!

Terug pediater toe!....Dohan se lyfie reaggeer allergies op die infeksie! 2.5ml Antihistamien en 6.5ml steroid stroop en 8 ure later lyk hy BAIE beter. Die rooi is uit sy gesiggie en die swelsel is besig om te sak.

Nog antihistamien en steriod stropie vir 3 dae en vandag is my seuntjie weer perdfris en gesond met amper geen teken van die lelike vel uitslag en allergie nie! Nog net sy voetjies is bietjie uitgeslaan en jeuk nog van tyd tot tyd.

Danel is ook beter en dit lyk of ons die ooginfeksie uitgeklaar het.


Shoe, dit was 'n rowwe week gewees...en so het ek weer baie geleer oor verluitslae, masels en allergiee.
Die uitdagings van mamma-wees...

~Denise~

2 comments:

  1. My kind het nou presies dieselfde geval.voel magteloos om hom so te los

    ReplyDelete
  2. Ons gaan nou deer dieselfde.

    ReplyDelete